Master Science Upington se Paul en Madie Muller met hulle Runner up Franchisee of the Year 2016 Master Science toekenning.
GEMSBOK-UPINGTON: Master Maths en Master Science, ‘n nasionale franchisor wat addisionele klasse in wiskunde en wetenskap aanbied, het onlangs hul tweejaarlikse konferensie by die luukse Kievitskroon Landgoed te Kameeldrift buite Pre-toria aangebied.
Daar word jaarliks ’n Franchisee of the Year aangewys in drie kategoriëe vir Master Maths en een kategorie vir Master Science, wat nog slegs vyf jaar bedryf word en derhalwe besig is om te groei.
Master Science Upington is tydens die Gala-geleentheid aangewys as Runner Up Franchisee of the Year, die eerste keer wat hierdie toekenning gemaak is, weens die baie klein verskil tussen die eerste en tweede sentrum.
Die algehele wenner was North Ridge in Johannesburg, ‘n groot sentrum in ‘n hoë inkomste woonbuurt.
Voorwaar ‘n prestasie vir ‘n plattelanse sentrum in ‘n droogtejaar! Master Maths Upington en Master Science Upington word beide bedryf deur Paul en Madie Muller op die perseel van Hoërskool Duineveld en is daar om ‘n diens aan alle leerders in die Upington-gebied te lewer, ongeag by watter skool hul studeer.
Copyright © 2024. Kenhardt Accommodation, Business & Tourism Portal. All Rights Reserved.